Sedert die jaar 2000 het daar in enkele gemeentes van die NG Kerk in die ou Ooste van Pretoria aksies ontwikkel wat daarop gerig was om Skrifmeditasie en kontemplatiewe gebed te bevorder. Sedert 2002 het drie van die gemeentes begin saamwerk en ’n kommissie gevorm wat toe ook ’n Kommissie van die Ring van Suidoos-Pretoria geword het. Die Kommissie het die naam Sentrum vir Spiritualiteit gekry.
Die doel van die Sentrum is om die meditatiewe kant van gelowiges se spiritualiteit te bevorder. Die uitgangspunt is nie dat dié kant belangriker as ander kante van spiritualiteit is nie, maar dat dit ’n kant is waaraan sommige gelowiges tans ’n groeiende behoefte het, asook ’n kant wat verwaarloos geraak het. Die meditatiewe benadering tot spiritualiteit help gelowiges om die aktiewe aanwesigheid van die Here eerstehands te ervaar. Niemand sê jou hoe jy die betrokke Bybelgedeelte of stilte of wat ook al moet ervaar nie, maar jy beleef self hoe die Here vir jou daarin is. Dit gaan oor wat in jou eie bewussyn gebeur, en daarom het hierdie benadering gewoonlik ’n sterk invloed op jou bewussyn deur jou gewone dae.
Dit is ’n lang pad waarop ’n mens gewoonlik geleidelik vorder. Die Sentrum doen dinge wat mense kan help. Daar is weekliks Adoramusdienste by die Gemeentes te Stellastraat, Lynnwood, Andrew Murray en Universiteitsoord wat ’n toegang bied. Daar is jaarliks basiese werkwinkels oor hoe om Skrifmeditasie en kontemplatiewe gebed aan te leer. Daar is Skrifmeditasie-geleenthede, begeleide meditasie, stilwordgeleenthede, retreats, spirituele begeleiding en van daar af verskeie deure na die wye wêreld van die kontemplatiewe lewe.
Die werkgroep van die Sentrum vir Spiritualiteit van die Ring Suidoos-Pretoria bestaan uit die volgende persone: Dr. Willem Nicol (voorsitter), Joke Nicol, ds. Anton Pienaar, ds. Stevan Botma, dr. Anneke Lamont (musiek), Arnold Lamont, dr. Kosie de Clerk, ds. Stefan Botha, ds. Paul Grobler, dr. Marina Strydom, ds. Immanuel van Tonder, Judy Bruwer, Louis du Toit, Brian Aldworth en Lindsey Geyer.






Die ontvanger van hierdie e-pos
Ek is bly dat ek hierdie Sentrum ontdek , Ek is soekende na Christelike Medetasie “handleiding ” .
Baie dankie vir die goeie werk
Christiaan
Wat ‘n wonderlike ontdekking! Soveel spirituele aspekte maak uiteindelik vir my sin.
Doe so voort!
Beste Douwna, Dankie vir jou mooi kommentaar. Bon voyage met jou spirituele reis …
Hallo Frank. Ons het ‘n CD genaamd “Verposings” wat uiters geskink vir Skrifmeditasie is. Ek kan ook ‘n voorbeeld van een van ons Adoramusdienste (meditatiewe diens) vir jou stuur. My eposadres is stevanbotma@hotmail.co.uk. Oor die gedagtes wat soos ‘n apie in ‘n boom rondspring, lees gerus “My dwalende gedagtes” op bladsy 88 in Dr. Willem Nicol se boek “Gebed van die Hart”.
Dankie vir jou navraag Christiaan. Jy kan die boek, “Gebed van die Hart” van Dr. Willem Nicol lees byvoorbeeld hoofstuk 5: “Stilword en my liggaam”. Jy kan ook na die skakel, “‘n Volledeige Stiltetyd”, van hierdie webblad kyk.